RIEBIE REKENAAR SENTRUM
REKENAARSENTRUM / COMPUTER CENTRE
Laerskool van Riebeeck Park beskik oor sy eie rekenaarsentrum wat tot voordeel van alle Riebies strek . Die Rekenaar Sentrum is in ‘n aparte goed ingerigte rekenaar klaskamer .
Pupils receive computer traing during school hours and in the afternoons. We use excellent educational programmes .
Reeds vanaf die eerste termyn in graad 1 word die leerlinge aan rekenaars blootgestel en alle kinders in die skool het een periode Rekenaars gedurende skool ure elke week . Self die Hasie Kwassies het hul eie rekenaars periode in die sentrum.
Hier leer ons leerlinge basiese rekenaars-woordeskat , hoe om die rekenaar korrek te gebruik asook hoe om ons skool se opvoedkundige sagteware te kan gebruik . Die skool het ook Internet geriewe en leerlinge word gedurende die jaar daaraan blootgestel .
We have our own school WEBPAGE where parents can read what is happening in our school . Our newsletter appear every Thursday night on the web ..
NASKOOLSE REKENAAR KLASSE
Ons Riebie Rekenaar Sentrum bied teen ‘n minimale koste , ekstra in-oefening en verryking op die rekenaars aan, na skool .
Hier kan leerlinge wat met ‘n bepaalde konsep sukkel en leerlinge wat graag verrykings werk wil doen , kom oefen . Hier bewys ons ook aan leerlinge dat skoolwerk kan pret wees en dat jy leer sonder dat jy dit besef . In die meeste gevalle gebruik ons ook ander programme as die wat gedurende skool ure gebruik word om verveling uit te skakel .
Here the pupils can work on a certain concept with which they battle or where they want to do enrichment work . Here we proof to the pupils that school work can be fun and they learn without realising it . We try and use different programmes to ensure that the children do not get bored .
Voorskoolse leerlinge is ook welkom aangesien daar ‘n LES middae NET vir hulle is . Voorskoolse leerlinge buite ons skool is ook welkom .
Graad 4 tot 7 leerlinge kan ook AL hul voorbereiding vir toetse en eksamens op die rekenaar doen . Hier leer hulle gou-gou die werk , nog voor hulle kan kla .
Grade 4 to 7 pupils can do preparation for all tests and exams on the computer . Here they learn the work before they even can start complaining .
Leerlinge word gedurende die eerste les getoets waarna die leerling sy unieke program kry om te volg . Die program word gedurig aangepas .
VIR MEER BESONDERHEDE KONTAK / NEED MORE INFO CONTACT :
ME E STRYDOM
riebie@icon.co.za
