JAARGANG 14 NOMMER 26 2 SEPTEMBER 2010
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
ALGEMEEN
Tydens ons laaste Beheerliggaamvergadering het die Beheerliggaam ons selfoonbeleid goedgekeur. Die beleid sal eersdaags op die skool se webwerf verskyn, vir al die leerders en ouers se aandag. Die beleid is in belang van u kind opgestel en sal nougeset vir alle leerders in die skool, uitgeoefen word.
OPVOEDKUNDIGE TOERE
Dankie aan die ouers wat hulle kinders die geleentheid bied. Almal is hier weg met die grootste angstigheid en afwagting. Dankie aan al die onderwysers wat hulle huishoudings agtergelaat het om die kinders te vergesel. Ek hoop dat die toere suksesvol sal wees.
BUITEMUURS
LANDLOOP
dertien van ons leerders het deurgedring na die Gauteng kampioenskappe. Baie geluk aan die leerders.
KRIEKET
Al ons krieketspanne dring na die semi-finales deur. Sal dit nie `n besonderse prestasie wees as al die spanne kan deurdring na die finales nie? Kom seuns!! Ons kan dit vermag!!
HOKKIE
Ons dogters swaai daai stokke so lekker dat ek half spyt is dat ek nie aan die opwindende sport kon deelneem nie! Hou so aan, julle!!
TENNIS
Ons tennisliga is volstoom aan die gang. Ons hoop dat julle uitslae gunstig sal wees!
KULTUURAAND
Ons kultuuraand met Jak de Priester was `n reuse sukses. Almal wat die geleentheid bygewoon het, kan daarvan getuig. Dankie aan die kultuurkomitee vir hulle harde werk.
GHOLFDAG
Ons Gholfdag slaan Vrydag af en die baan is propvol. Sterkte aan die organiseerders met di?ag. Mag al die spelers `n genotvolle dag hꮼ/p>
VERSOEK VAN `N OUER
Een van ons ouers het R400 tydens die aand van Mnr en Me Riebie verloor, vermoedelik in een van die badkamers. Indien u dit opgetel het, doen ons `n beroep op u eerlikheid om die geld asseblief in die kantoor te kom inhandig. Baie dankie vir u samewerking in di?erband.
Die jeug is nie bottels wat `n mens moet vul nie;
hulle is kerse wat aangesteek moet word.
F F D VICTOR
SKOOLHOOF
AKADEMIESE NUUS
INTERSEN FASE
SIKLUSROOSTER VIR WEEK VAN 6 – 10 SEPTEMBER 2010
6 September Dag 3
7 September Dag 4
8 September Dag 5
9 September Dag 6
10 September Dag 1
KWARTAALTOETSE
Maandag,13 September Afrikaans
Dinsdag, 14 September Engels
Woensdag, 15 September SW
Donderdag, 16 September NW
Vrydag, 17 September Wiskunde
WISKUNDE HULPVERLENING (GR 4 – 7)
DELING Me van Niekerk sal op die volgende dae vir hulpverlening beskikbaar wees: Maandag, 6 September, vir Engelse leerders en Dinsdag, 7 September, vir Afrikaanse leerders.
HANDBOEKE 2011
Ons herinner ouers daaraan dat alle handboekgelde vir 2011 (R300 per leerder) teen 31 Oktober betaal moet wees. Indien u elektronies of in die kantoor betaal het, moet u asseblief `n afskrif van die kwitansie na u kind se voogonderwyser/es as bewys van betaling, stuur. Indien u kind se handboeke nie teen 31 Oktober betaal is nie, beteken dit dat daar nie handboeke vir hom/haar bestel word nie en sal u kind die 2011 skooljaar sonder handboeke vir Afrikaans, Engels en Wiskunde begin.
GRONDSLAGFASE (GR 1-3)
Wagklasrooster vir die week van 6 - 10 September:-
|
DATUM |
GR 1 |
GR 2 |
|
Maandag 6 September |
Me Meintjes |
Me du Plooy |
|
Dinsdag 7 September |
Me Pretorius |
Me Schoeman |
|
Woensdag 8 September |
Me Schreuder |
Me Black |
|
Donderdag 9 September |
Me Pretorius |
Me le Roux |
|
Vrydag 10 September |
Me Opperman |
Me Lindeque |
SPORT NUUS
NETBALAKADEMIE
Oefentye : Woensdae, 13:00 – 14:00 (Gr 1 en Gr 2 dogters)
Onthou julle oefenklere en tekkies!!
KRIEKET
Oefentye
Maandag, 6 September 0/10B en 0/11B 13:30 – 15:00
3de en 4de 13:30 – 15:00
Dinsdag, 7 September 0/10A en B + 0/11A en B 13:30 – 15:00
2de, 1ste 13:30 – 15:00
Woensdag, 8 September 0/10A en B + 0/11A en B 13:30 – 15:00
4de, 3de, 2de, 1ste 13:30 – 15:00
Donderdag, 9 September 0/10A en B + 0/11A en B 13:30 – 15:00
4de, 3de, 2de, 1ste 13:30 – 15:00
Wedstryde
Maandag, 6 September 0/10A vs L/s Kruinsig By H/s Birchleigh
0/11A vs L/s Edleen By Jeugland
Dinsdag, 7 September 3de vs Bonaero Park Weg
4de vs L/s Kreft Tuis
Baie geluk aan al die spanne wat vir die Kempton semi-finale gekwalifiseer het. Ons wag nog op die bepalings wat ons eers Vrydag gaan bereik. Sodra ons die bepalings het, sal ons dit deurgee. Baie dankie en geluk aan al die Riebies!!
HOKKIE
Oefentye vir Hokkie-bokkies (7-9 September)
Daar sal vervoer na H/s Jeugland en terug skool toe, wees.
Dinsdag
→ 0/11 by H/s Jeugland 13:30 – 14:30→
0/12 en 0/13 by skool 13:30 – 15:00Woensdag
→ 0/11 by skool 13:30 – 15:00→
0/12 en 0/13 by H/s Jeugland 13:30 – 14:30Donderdag ? Wedstryde by L/s Bredell (slegs 0/11 en 0/13)
|
DAG |
DATUM |
WAAR |
SKOOL |
|
Donderdag |
9 September |
weg |
Bredell (slegs 0/11 en 0/13) |
|
Donderdag |
16 September |
weg |
Concordia |
|
20 – 23 September |
semi’s |
||
|
4 – 8 Oktober |
finales |
Program vir wedstryde op 9 September te L/s Bredell
|
TYD |
SPAN |
|
14:00 |
0/11 |
|
14:35 |
0/13 |
Die bus sal om 13:15 vanaf die skool vertrek en sal ? 16:00 by die skool terug wees.
HOOKED ON HOCKEY : HOKKIE-AKADEMIE
Hokkie afrigting vir seuns en dogters van alle ouderdomme. Vir registrasie en verdere inligting, kontak Clint Bailey, 073 349 3412.
LANDLOOP
Baie geluk aan die 13 atlete wat deurdring na die Gauteng kampioenskappe.
Sterkte aan die 17 atlete wat die skool Saterdag by die Noordvaal-finaal verteenwoordig. Hou die Riebies se naam hoog!!
TENNIS
Die wedstryde vir 8 September is:-
Nike vs Birchleigh 1 by Pine Grove
Nadal 1 vs Kruinsig 1 by Kempton Klub
Nadal 3 vs Kruinsig 4 by Kempton Klub
Reebok vs Impala 1 by VRP
Adidas vs Oosterkruin by Witfield
Sterkte met al die wedstryde!!
SKAAK
Ons skaakspelers het Maandag, tydens oefening, ‘n spanspel gespeel. Vier deelnemers het saam op een groot bord gespeel. Dit was baie opwindend en ‘n goeie sportmangees het geheers.
Maandag is daar weer oefening.
KULTUUR NUUS
CHRISTEN - AKSIE
Psalm 37:4 "Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer."
God glo in ons. Hy vind vreugde in ons, is trots op ons en verwag die beste van ons. As ons misluk, word ons vergewe en kry ons nog kanse om reg te maak. Dit is hoe God ons behandel en dit is hoe ons mekaar ook moet behandel. Laat ons nie slegte gedagtes koester nie, maar net die beste van mekaar verwag.
OUERS WAT BIDOuers is welkom om Donderdagoggende vanaf 07:30 – 08:00 in Bet-El (agter die verhoog in die saal) saam vir ons skool en gemeenskap te kom bid. Ons doen `n beroep op u om, as dit op u hart gedruk word om saam te kom bid, ons asseblief te kom ondersteun! Ons het u gebede dringend nodig! Ons herinner u ook dat daar `n houthouer in die ingangsportaal is, waarin u gebedsversoeke kan plaas. Alle versoeke word vertroulik hanteer.
JUNIOR KOOR
Juffrou Dinki is na ons kooroefening, Maandag, baie opgewonde oor ons nuwe liedjies. Die nuwe liedjies is in ‘n japtrap aangeleer. As ons konsentreer en mooi luister, kan dit net met ons koor goed gaan.
Ons volgende optrede is Woensdag, 8 September by L/s Kruinsig. Hou die hele middag oop. Ons het u ondersteuning nodig. Baie dankie vir die R30 inskrywingsfooi wat reeds inbetaal is. Daar is ongelukkig nog heelwat uitstaande. Betaal asseblief (indien moontlik) voor of op 6 September by die registeronderwysers in.
SENIOR KOOR
Senior kooroefening: Maandagmiddag, 6 September, 13:00 – 14:30.
Sjoe, en was ons deur Jak de Priester se optrede "uitgeboul!!" Dit was wow!! Baie dankie aan al ons ouers en gaste wat die aand saam met ons geniet het. Ons het soveel positiewe terugvoer gekry, dat ons sommer nou al aan ons volgende Barnyard beplan. Ons kore het fantasties gesing. Ons Junior nagtegaaltjies was op hulle stukke!
Senior koor, baie sterkte met die voorbereiding vir ons kunswedstrydoptredes. Daar l?og baie intense oefening voor. Ons optredes is 8 September by L/s Kruinsig. Moet assebief nie onnodig van die kooroefening wegbly nie. Julle mis baie detail in die oefeninge.
JAK DE PRIESTER
Baie dankie vir wonderlike ouers wat ons ondersteun het, Donderdagaand. Wat ‘n ongelooflike gaskunstenaar was dit nie ! Dankie aan Mnr Hentie Herbst (Beheerliggaamslid) met al sy re?ings vir die aand.
SLAGORKES
Aandag, Slagorkeslede ! Tyd is min ! Ons het nog baie liedjies om te leer ! Kom oefen asseblief volgende Dinsdag- en Donderdagmiddag, soos gewoonlik !
Sien jou in die Kultuurkamer !
KUNSWEDSTRYD
Sterkte aan die Riebies wat die week gaan deelneem. Maak ons trots.
6 & 7 September kry ons Gr 2-leerders die geleentheid om met hul talente by die Afrikaanse afdeling van die Kunswedstryd, by die Geref. Kerk in Huggettstraat, te gaan spog.
Onthou om sertifikate, reeds verwerf, vir meriete-erkenning in te handig.
Gr 1 – 3 by klasonderwysers, Gr 4 – 7 by taalonderwysers.
Gr 6 leerders kan hul sertifikate direk by Me Schoeman inhandig (verwerf in Afrikaanse deelname).
OPVOEDKUNDIGE LEIDING NUUS
RIEBIE – RAAD
Vergadering Maandag, 6 September, tweede pouse, in Juffrou Darene se klas.
OPVOEDKUNDIGE TOERE
Graag gee ons die verwagte aankomstye van al die leerders wat op toer is:-
Vrydag, 3 September: Gr 4 12:00
Gr 5 12:30
Gr 6 14:30
Gr 7 16:30
Ouers moet asseblief op die B-rugbyveld parkeer en nie in die pad aan die oostekant van die skool nie, aangesien die busse daar moet parkeer.
OPVOEDKUNDIGE OPVOERING
On Cue Theatre kom weer op 6 September 2010 ons skool besoek. Hierdie Engelse opvoering is jaarliks `n groot hoogtepunt by die skool. Die verhoogstuk wat opgevoer gaan word, is "Cinderella has a ball." Die koste is R10 per leerder en kan by die registeronder-wysers inbetaal word.
AFHAAL VAN LEERDERS
Volgens departementele regulasies, moet `n leerders twee ure by `n skool wees om teenwoordig gemerk te word. Leerders moet dus tot 09:30 by die skool wees, anders sal hulle afwesig gemerk word. Indien siek leerders die betrokke dag `n toets skryf, word hulle ge?oleer en skryf hulle die toets in die kantoor, waarna hulle huis toe kan gaan.
Indien `n leerder by die skool siek is, MOET die regte kanale gevolg word, m.a.w. die dames in die kantoor sal ouers skakel om siek leerders te kom afhaal. LEERDERS MAG GEEN SMS NA OUERS STUUR OM HULLE TE KOM HAAL NIE!!
ALGEMENE RIEBIE NUUS
LIEF EN LEED
Die Riebies dink aan Lambr頨Gr 5) en Ulrich (Gr 1) Krause. Hulle oupa is die afgelope week oorlede. Baie sterkte!!
LOSLITDAG VRYDAG, 10 SEPTEMBER 2010
As gevolg van ons kinders wat op Vrydag, 3 September, op toer is, hou ons loslitdag op Vrydag, 10 September. Leerders wat R10 betaal het, mag dan met gewone klere skool toe kom ! Die skoolre?s t.o.v die haarstyle moet nagekom word. Geen ski-pants nie, asseblief. Baie dankie aan ons ouers wat hierdie projek ondersteun. Ons skool ondersteun hierdie jaar vir Casa Caritas.
GHOLFDAG : 3 SEPTEMBER 2010
Uiteindelik ! M?e is dit ons skool se Gholfdag !
Baie, baie dankie aan ons Riebies en ons Riebie-ouers wat pryse geskenk het – dit is met groot dankbaarheid ontvang.
Ons gholfkomitee is hard aan die werk en baie opgewonde oor ons skool se Gholfdag.
Ons vertrou dat dit ‘n wonderlike dag met groot sukses gaan wees.
FOTO’S : WOENSDAG, 8 EN DONDERDAG, 9 SEPTEMBER 2010
Individuele foto’s / broer en suster foto’s, word op bogenoemde datums geneem, @ R50 `n pakket. Die pakket sluit die volgende in:
1 A4 kleurfoto
2 poskaartfoto’s (wit en swart)
4 ID-foto’s
1 foto op naamkaartjie (vir tasse)
Leerders sal slegs afgeneem word indien die skeurstrokie voltooi is en fotogeld betaal is. Fotogeld word by die klasonderwysers ingehandig.
AFVALPAPIER PROJEK
Hierdie projek gaan steeds voort. Ons doen veral `n beroep op ons Gr 1 – 3 leerders om die kwartaal die oranje drom elke twee weke propvol te maak. Die fondse gaan vir ons skool. Op di?anier hou ons, ons planeet groen!! (Die drom staan by Hasie Kwassie se hek).
Saam met die herwinning van die afvalpapierprojek, wil ons ook le?ierdose insamel. Neem dit na Juffrou Elmarie Schreuder (Gr 1), kamer 2, asseblief.
TROFE˼/p>
Alle meriete trofe?at uitstaande is, moet asseblief op die laatste, 20 September, by die kantoor, of by Juffrou Annestie Marais, ingehandig word. Die trofe?oet dan asseblief reeds gegraveer en skoongemaak wees.
RIEBIE-RAKKERS NUUS
NASKOOLOUERS let ASSEBLIEF op dat die naskool selfoon-nommers, as volg is:-
JUNIORS: 076 515 5497
SENIORS: 082 265 4909
Die dames van die naskool is vanaf 11:30 by bogenoemde nommers beskikbaar. Indien `n nood, skakel Me H le Roux, 976-2633.
Spyskaart vir die week van 6 - 10 September:-
|
Maandag 6 September |
Rolletjies en koue vleis |
Vrug en koeldrank |
|
Dinsdag 7 September |
Spaghetti en maalvleis |
Toebroodjies en koeldrank |
|
Woensdag 8 September |
Hoender a la King |
Toebroodjies en koeldrank |
|
Donderdag 9 September |
Vetkoek en maalvleis |
Vrugte en koeldrank |
|
Vrydag 10 September |
Warmbrakke |
Roomys |
NASKOOLOUERS
Naskoolouers moet asseblief daarop let dat ons naskool baie afhanklik is van die maandelikse fooi vir die funksionering, asook gehaltediens en salarisse van personeel.
Daar die naskool as `n voorreg beskou word, kan agterstallige gelde nie bekostig word nie.
`n Skuldinvorderaar is reeds `n geruime tyd gelede aangestel en kontak al ons ouers wat agterstallig is.
Ons doen dus `n vriendelike, dog dringende, beroep op u om sonder versuim, die finansi?e beampte van die naskool, Me Michelle Br?mer, te kontak indien u agterstallig is. Indien u versuim om dit te doen, staar u kind ongelukkig skorsing in die gesig.
Die nuwe selfoonbeleid sal ook voortaan by die naskool van krag wees.


